Publieke deelname

29/10/2025

Die Hoofgroep op WhatsApp

Slegs Inligting word na Sandbaaiers deurgegee en soms versoeke gerig, soos om te stem oor ‘n saak, of te help met iets, ens.

Alle inligting sal op die Webwerf bygewerk en op datum gehou word vir maklike verwysing en om seker te maak dat die waarheid verkondig word.

Soveel as moontlik Sandbaaiers moet op die Hoofgroep wees, sodat almal ingelig kan wees, om sinvolle publieke deelname te fasiliteer.

Gesprekgroepe op WhatsApp

Daar gaan tydelike Gespreksgroepe (WhatsApp) geskep word om almal wat aan ‘n gesprek oor ‘n onderwerp wil deelneem, kans te gee om dit te doen, sonder om die groot groep te vermoei.

Die Admin / Bestuursgroep, wat vrywillige Sandbaaiers is, sal gesprekke opsom, ontleed en met die betrokke Subkomitee (van die Wykskomitee) bespreek en dan terugvoering gee aan die inwoners vir verdere kommentaar.   Dit sal baie objektief gedoen word, maar tog rigtinggewend indien nodig.   

Webblad op Internet

Op die Webblad word aangedui watter onderwerpe onder bespreking is, met ‘n opsomming van die huidige “status” van elke  onderwerp.   Dit gee stemgeregtigdes die geleentheid om op enige stadium eerstehandse inligting te kry oor ‘n saak.  Baie belangrik is dat vals stories, wat gewoonlik moeilikheid tot gevolg het, uitgeskakel word.  

Bronne van inligting en gebeure, ook Ope Vloer gesprekke, eposse en WhatsApps, wat die huidige situasie bepaal het, geskiedenis, is beskikbaar vir agtergrond, sodat elkeen wat verdere insette wil lewer, kan weet wat reeds gesê is en gebeur het.

Insette vanaf die Publiek

Daar is ‘n fasiliteit op die webblad, as jy wil deelneem, vanaf enige enige plek in die wêreld,  met jou rekenaar en of selfoon.

Sê wat jy wil sê, dit kan belangrik wees!!

© Copyright 2023 Sandbaai Forum
Designed & Hosted by Cetaya Digital
chevron-right