Klagtes

29/10/2025

16 Januarie 2021

Dit is nie die Wykskomitee en of die Raadslid se werk om klagtes te hanteer nie.   Klagtes kan hoogstens as 'n Subkomitee funksioneer, met die belangrikste doel om te sorg dat die Munisipaliteit hulle werk doen.   

Die Mun bepaal dat enige persoon hulle kan bel om te kla oor wat pla.   Moontlik ook te WhatsApp of te epos?  Ons moet maar uitvind wat die fasiliteite is.   

  • Die klaer moet 'n verwysingsnommer kry, om te gebruik, sou dit nodig wees om die saak op te volg.
  • 'n Klerk stuur die klag na die regte afdeling en daarna moet die afdeling die probleem hanteer en afhandel.  
  • Wanneer die taak nie afgehandel word nie, moet die klaer die saak raporteer aan <sandbaaicomplaints@gmail.com>, om met die Mun opgeneem te word.

Sou die klag steeds nie aandag kry nie, moet die klag, volledig met datums en verwysingsnommer(s) na die Raadslid gestuur word, om dit met die Mun op te neem.

© Copyright 2023 Sandbaai Forum
Designed & Hosted by Cetaya Digital
chevron-right