Ons moet eienaarskap aanvaar vir ons woonbuurt se toekoms en strewe na beter skoonmaak-dienste (cleaning Project), behoorlike instandhouding en ook opgradering van fasiliteite. Ons moet ook verseker dat ons waarde vir ons belastingelde kry, deur toesig te hou oor alles wat in ons area gedoen word en ook gedoen behoort te word. Ons besondere wye straatreserwes, insluitend baie oop ruimtes, is reeds ‘n groot plus faktor en moet uiters netjies bewerk word om ‘n gevoel van netheid en veiligheid te skep.
Ons moet besluit wat ons wil bereik, hoe vinnig en hoe dit finansier gaan word.
Projekte moet identifiseer, beplan en die koste bepaal word. Kleiner projekte kan deur vrywillige bydraes finansier word, veral as dit dringend gedoen behoort te word en 'n onmiddellike voordelige inpak kan hê. Ander moet egter deur die kanale op die Munisipale begroting kom, maar sonder dat ons jare moet wag om resultate te belewe.
Enige inwoner is welkom om te sê wat aandag moet of behoort te kry.
Sandbaai Projekte NPC (nog net ‘n voorstel)
Vrywillige instelling vanuit en deur die inwoners.
Geregistreerde Werkgewer, vir BTW, Inkomstebelasting, WVF en Ongevalleversekering.
Moet deur ‘n Direksie bestuur word.
Die belangrikste doel is om te sorg dat projekte behoorlik beplan, goedgekeur en uitgevoer word.
Verskillende vorms van finansiering is beskikbaar –
SP kan permanente werkers aanstel om spesiale take te verrig, veral wat uit vrywillige bydraes finansier kan word, maar kan ook tender vir projekte waarvoor tenders gevra word.
Sandbaai Projekte Grondwet